Header Artwork
AfriForum se Heidelberg-buurtwaglede ontvang skietopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Heidelberg het die afgelope naweek gevorderde skietopleiding (vlak 1) ontvang om te verseker dat buurtwaglede altyd gereed en bevoeg is om binne die raamwerk van die wet op te tree. Dié opleiding is op 14 November 2020 gratis deur Raven Strategic aangebied en deur 10 buurtwaglede bygewoon.

AfriForum-buurtwaglede word gereeld met ’n verskeidenheid moeilike situasies gekonfronteer, wat opleiding soos dié noodsaaklik maak.

“Gemeenskapstrukture speel ’n kernrol in die geveg teen misdaad. Dit is belangrik dat alle lede wat deel van veiligheidstrukture soos buurtwagte vorm, weet hoe om hulself en ander binne die raamwerk van die wet te beskerm en hoe om noodsituasies reg te hanteer,” sê Shalto Schoeman, buurtwagleier van AfriForum se Heidelberg-buurtwag.

AfriForum bied tans 19 basiese, doelgerigte opleidingsmodules aan om lede van veiligheidstrukture met kennis en vaardighede toe te rus.

“’Sonder opleiding kan veiligheidstrukture nie doeltreffend funksioneer nie. Ons is verder trots op en dankbaar vir elke lid van die gemeenskap wat hul vrye tyd opoffer om by veiligheidstrukture in te skakel,” sê Llewellynn Hemmens, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die noordstreek.

Sluit vandag nog by AfriForum se Heidelberg-tak aan en word deel van die oplossing. SMS “Heidelberg” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN