Header Artwork
AfriForum gaan by die Verenigde Nasies praat oor haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika

Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan op 19 en 20 November deelneem aan die Verenigde Nasies se dertiende Forum oor Minderheidskwessies. Vanjaar se tema is “Haatspraak, Sosiale Media en Minderhede”. AfriForum se hoof van Beleid en Aksie, Ernst Roets, sal ‘n regstreekse videovoorlegging lewer oor haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika.

“AfriForum waardeer die geleentheid om, veral op ’n internasionale verhoog, die aandag te vestig op die knaende kwessie van haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika op sosiale media en deur hoëprofiel-politici. As ’n burgerregteorganisasie wat hoofsaaklik op minderheidsregte fokus, is dit ons verantwoordelikheid om elke moontlike kanaal te gebruik om bewustheid oor sulke kwessies te verhoog,” sê Roets.

AfriForum gaan môre ook ’n video oor haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika uitreik ten einde sy veldtog om bewustheid sowel plaaslik as internasionaal te verskerp, ’n hupstoot te gee.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN