Header Artwork
Ná volgehoue druk begin munisipaliteit op Christiana hul werk doen

AfriForum se Christiana-tak het ná maande van volgehoue druk op die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit uiteindelik ’n deurbraak gemaak. Die munisipaliteit het op 17 Februarie begin om slaggate op die dorp te herstel.

Dit is alombekend dat paaie in Christiana tot niet gegaan het. Nie net word voertuie beskadig nie, maar sakeondernemings word sleg daardeur beïnvloed. “Daar is nie een straat wat sonder slaggate is nie. Sommige strate in dié plattelandse dorpie langs die Vaalrivier word heeltemal vermy vanweë die slaggate. Sommige paaie kan nog gered word indien die munisipaliteit die slaggate herstel, maar ander paaie sal geheel en al oor gebou moet word,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die tak het sedert 2019 gereeld met die munisipaliteit geskakel oor die probleme in die dorp maar die munisipaliteit het nooit antwoorde verskaf nie en in sommige gevalle net leë beloftes gemaak.

Op 17 Februarie was munisipale werkers besig om slaggate in William Alexanderstraat te herstel. AfriForum wil die munisipaliteit graag bedank dat hulle uiteindelik hul verantwoordelikhede teenoor die gemeenskap nakom.

“Dit is ’n groot verligting om te sien dat die munisipaliteit besig is om ’n groot probleem in die dorp aan te spreek en te verbeter. Ons hoop hulle gaan voort om hul verantwoordelikhede na te kom teenoor die inwoners wat betaal vir dienste. AfriForum se volgehoue druk het vrugte afgewerp en dit gee ons hoop om voort te gaan met ons werk in Christiana,” sluit Nieuwoudt af.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN