Header Artwork
Meer as 580 sakke vullis reeds in Highveld-omgewing verwyder

Die AfriForum-tak in Centurion het oor die afgelope twee maande meer as 580 sakke vullis in Highveld laat verwyder. Die tak het ook toegesien dat bossies op verskeie sypaadjies met gif gespuit word om verdere groei te verhoed.

Volgens Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid, het die tak baie klagtes oor die netheid van dié voorstad in Centurion ontvang. Die verwydering van vullis en onkruid wat op sypaadjies groei is dus ’n volhoubare projek wat AfriForum in dié gebied aanpak.

Die strate wat weekliks skoongemaak word is onder meer Lutanstraat, Westweg, Nellmapiusrylaan, die Ou Johannesburgpad en Hendrik Verwoerdrylaan.

“Dis belangrik om volhoubare skoonmaakprojekte in gemeenskappe te dryf en eienaarskap van ons omgewing te neem. Ons wil elke inwoner aanmoedig om by sulke projekte betrokke te raak. Hierdie projek stel ons in staat om eienaarskap van die omgewing te neem en self skoon te maak om ’n beter omgewing vir alle inwoners te skep,” sê Nel.

Besoek gerus die AfriForum-tak in Centurion se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groepe aan. Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN