Header Artwork
AfriForum sluit suksesvolle selfbeskikkingsprojek af in Bethal

AfriForum se Bethal-tak het op 22 Maart 2021 ’n projek genaamd Selfbeskikking 101 van stapel gestuur.

Die doelwit van dié projek was om die gemeenskap te mobiliseer om eienaarskap te neem van hul dorp en probleme self aan te spreek. Tydens die verloop van die projek is tien afsonderlike projekte in nege dae voltooi.

Tydens een van die projekte is meer as 500 sakkies teer gebruik om slaggate op te vul in Malherbe-, Tsibitso Sibanyoni- en Buffelstraat. Dié projek is moontlik gemaak deur All City Towing, Turnkey Civils Group en verskeie inwoners se donasies.

Die plaaslike AfriForum-tak het gras by die Bethal-polisiestasie en rondom die N17-hoofweg gesny. Verder is nuwe betonblokke met straatname aangebring in Malherbestraat in samewerking met Bethal Fotodrukkers. ATK Bakke en Whitehouse Paints het gehelp om stoptekens aan te bring en lyne op die padvlak te verf in dieselfde straat.

Die laaste projek het oor vier dae gestrek waartydens die gebied rondom die Nestlè-brug skoongemaak is. Meer as ses trokvragte sand is vanaf die padoppervlak verwyder en weggerry. Die gras is kort gesny en die vuilgoed is opgetel. Die meeste onkruid binne die spruitjie is ook afgekap en verwyder. Die brug se reëlings is ook oorgeverf. Hierdie projek is deur Mica Bethal, Deutrans, Venter Konstruksie, Bethal Traders en AfriForum se Bethal-tak voltooi.

“Hierdie projek was ’n reusesukses. Die gemeenskap het gewys dat hulle kan mobiliseer en self eienaarskap neem van hul omgewing,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die projek betrokke te raak en deel te word van ’n beter toekoms. SMS jou naam na 45350 (R1) en sluit aan by AfriForum se Bethal-tak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN