Header Artwork
Limpopo se vullisterreine in haglike toestand

AfriForum het vanjaar 135 vullisterreine landwyd geoudit as deel van die organisasie se nasionale projek om die gehalte van vullisterreine in Suid-Afrika te meet.

Slegs een van die nege vullisterreine wat in Limpopo geoudit is, het aan nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in Limpopo :

Naam van tak/vullisterrein Munisipaliteit/ verantwoordelike instelling Lisensienommer Nakomingstelling (%)
Limpopo 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Ellisras Lephalale PM 58 32 16 22
Groblersdal Elias Motsoaledi PM 12/4//10-B/10M2 20 72 90 92 98
Hoedspruit Maruleng PM 18 18 20
Marble Hall Ephraim Mogale PM 16/2/7/B300/D58/ZI/P261 72 88 84 84 84 78
Naboomspruit Mookgophong PM 16/2/7/A600/D7/Z2/P399 28 36 19 32 34 30
Naboomspruit

(Western Breeze-oorlaaistasie)

Mookgophong PM 20 20
Naboomspruit

(Die Oog-oorlaaistasie)

Mookgophong PM 32
Nylstroom Modimolle PM 16/2/7/A600/D2/Z1/P380 48 16 12 0 4
Phalaborwa Ba-Phalaborwa PM 16/2/7/B700/016/21/P276 84 80 32 64 36 54
Leeupoort Thabazimbi PM 16/2/7/A240/D21/21/P354 52 2 4 Toe
Louis Trichardt Makhado PM 12/9/11/L413/5 32 70 80 84 Toe
Rooiberg Thabazimbi PM 0
Thabazimbi Thabazimbi PM 0
Tzaneen Greater Tzaneen PM 16/2/7/B800/D2/Z23/1/P501 100 100 100 100 98
Warmbad Bela-Bela PM B33/2/123/3 56 40 37 40 38

Die oudit bestaan uit ’n lys van 33 vrae wat die minimum vereistes vir vullisterreine in Suid-Afrika meet en sluit faktore soos toegangsbeheer, brande, mediese afval, omheining, rehabilitasie en dies meer in. ’n Vullisterrein moet minstens 80% behaal om aan wetgewing te voldoen.

Volgens Magdel Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, is die meeste vullisterreine in Limpopo in ’n haglike toestand. ”Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan munisipaliteite wat nie die terreine en die toerusting herstel en instandhou nie.”

Strauss sê voorts die algemeenste probleme wat AfriForum tydens die oudit ondervind het, is die afwesigheid van afvalbestuurslisensies en die algehele wanbestuur van die terreine. “Die meeste terreine beskik ook nie oor die nodige personeel of voldoende toegangsbeheer nie.”

AfriForum-takke sal ook druk op owerhede in hul gebiede plaas om afvalmoniteringskomitees te stig om die afvalbestuursproses te verbeter. Dié komitees sal bestaan uit munisipaliteite en belanghebbende partye wat vullisbestuur in die betrokke dorp wil verbeter. AfriForum gaan ook ná afloop van die projek ’n vergadering met Barbara Creecy, Minister van Omgewingsake, belê om terreine te identifiseer sodat dit herstel en weer op peil gebring kan word.

Die ouditverslag sal ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek en optrede teen munisipaliteite wat nie aan die vereistes voldoen nie. AfriForum sal die proses deurlopend moniteer om te verseker dat die vullisterreine se standaard genoegsaam verbeter.

  • Lees die volledige verslag hier.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN