Header Artwork
Ivermektien-besluit steeds uiters beperkend, hofsaak gaan voort

Die burgerregteorganisasie AfriForum beskou die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) se aankondiging – naamlik dat dié raad ’n beheerde toegangsprogram om menslikheidsredes vir die gebruik van ivermektien deur mense vir die behandeling van COVID-19 sal toelaat – as ’n stap in die regte rigting, maar dat dit uiters beperkend is. Om dié rede gaan AfriForum se saak teen SAHPRA, wat op 2 Februarie 2021 voorkom, steeds voort.

AfriForum het op 24 Januarie ’n dringende hofaansoek gebring teen SAHPRA en dr. Zweli Mkhize, minister van Gesondheid, om te verseker dat ivermektien wat vir menslike gebruik ontwikkel is beskikbaar kan wees sodat dokters dit vir die behandeling van COVID-19 kan voorskryf. Intussen versuim SAHPRA steeds om aansoeke van mediese dokters – wat ingevolge artikel 21 van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels gebring is – goed te keur om ivermektien vir die behandeling van COVID-19-pasiënte te mag gebruik.

“SAHPRA se aankondiging is ‘n stap in die regte rigting, maar bied steeds nie die nodige verligting en sekerheid wat dringend nodig is nie. AfriForum gaan daarom voort met ons regsaksie omdat dieselfde dringendheid en onsekerheid steeds bestaan. Mense sterf steeds daagliks terwyl daar ‘n medisyne bestaan wat waarskynlik hul lewens kan red. SAHPRA het ook steeds nie op die eerste applikant se artikel 21-aansoeke gereageer nie”, sê Bared Uys, hoof van Navorsing by AfriForum.

Uys sê voorts dat SAHPRA se besluit ook ’n toegewing vanaf hul kant is dat ivermektien  wat vir menslike gebruik saamgestel is veilig is.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN