Header Artwork
Inwoners van Klerksdorp gaan voort om slaggate te vul

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het onlangs nog teer geskenk om lewensgevaarlike slaggate in die stad te herstel. Talle strate is onbegaanbaar en werklik gevaarlik vir motoriste om op te ry.

Lede van AfriForum, die Flamwood-buurtwag en CSS het op 13 Februarie altesaam 625 kg teer gebruik om slaggate in Monicastraat te herstel. Verlede week het lede van AfriForum, die AfriForum-buurtwag in Songloed en ander werkers in Leemhuis- en Oosthuizenstraat ongeveer 30 slaggate gevul met 75 sakkies teer. Talle dankbare inwoners wat nie kon deelneem aan die projek nie, het stilgehou en verversings afgegee, wat met groot dank ontvang is.

Frans Roos, voorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp, vra die plaaslike gemeenskap om die buurtprojekte te ondersteun. “Ons sal graag in elke woonbuurt ’n gemeenskapsforum tot stand wil bring waar mense van verskillende instansies kan saamwerk om die stad te verbeter,” sê Roos.

“Dit is nou nodiger as ooit dat die gemeenskap inspring, siende dat die plaaslike munisipaliteit vir ’n week lank gesluit was. ’n Mens kan eenvoudig nie op die munisipaliteit staatmaak nie. Die gemeenskapsforums is ’n uitstekende idee, want dan kan elke inwoner sy eie buurt verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Vir meer inligting oor die gemeenskapsforums, kontak vir Frans Roos by 083 378 8826.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. Word deel van die oplossing: SMS Klerksdorp na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN