Header Artwork
AfriForum se Oos-Moot- en Moot-tak laat nie gras onder hulle voete groei nie 

AfriForum se Oos-Moot- en Moot-tak het sedert Januarie altesaam 29 skoonmaakprojekte by spruite tussen 12de Laan en 34ste Laan gehou. Dié projekte vorm deel van ’n reeks groter projekte wat daarop gemik is om gemeenskapsprobleme self op te los.

Projekte soos dié is belangrik omdat spruite en velde wat oorgroei is ’n groot veiligheidsrisiko vir inwoners inhou en dit dus sigbaarheid bevorder. Suksesvolle projekte soos hierdie is te danke aan AfriForum-vrywilligers en die gemeenskap word aangemoedig om by strukture betrokke te raak wat die belange van die gemeenskap op die hart dra – veral omdat die munisipaliteit inwoners se pleidooie oor dienslewering ignoreer.

“Die hele Moot-gemeenskap het werklik saamgewerk tydens hierdie projekte. Ons wil almal wat hierdie skoonmaakprojekte moontlik gemaak het vir hul harde werk bedank,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

AfriForum se Wes-Moot-tak hou op 20 Februarie 2021 ’n spruitskoonmaakprojek op die hoek van Paff- en Bezuidenhoutstraat vanaf 08:00 en nooi inwoners uit om te kom hand bysit.

Sluit vandag nog by AfriForum aan: Doen ’n kort bevestiging op die Telegram-toep by https://t.me/AfriForumBuurtBot of SMS jou naam na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN