Header Artwork
Help AfriForum se Klerksdorp- en Stilfontein-tak om die ligte aan te hou

Petisie teen Eskom, wat beplan om elektrisiteitstoevoer na die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit te onderbreek

AfriForum se takke in die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit wil graag die publiek betrek en hul ondersteuning werf. Onderteken asseblief hierdie petisie, wat ten doel het om die beplande onderbreking van elektrisiteitstoevoer na Brits en die omliggende omgewing te verhoed.

Die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit se skuld by Eskom beloop bykans R538 miljoen. Daarom beplan Eskom om die elektrisiteitstoevoer na Klerksdorp, Orkney, Stilfontein, Hartbeesfontein en Jouberton vanaf 14 Augustus 2020 af te sny.

Ons het reeds skrywes gerig sowel die burgemeester van Matlosana Plaaslike Munisipaliteit, me M. Kgaile, as aan Eskom, waarin ons versoek dat die elektrisiteitstoevoer nie onderbreek word nie.

AfriForum is hoopvol dat volgehoue druk en gemeenskapondersteuning ononderbroke elektrisiteitsvoorsiening tot gevolg sal hê. Help ons dus asseblief deur dié petisie te onderteken. Die takke sal die petisielys daarna aan Eskom stuur om verdere druk toe te pas.

Teken die petisie hier:

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN