Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak vul slaggate in sakekern

AfriForum se Bethal-tak het op 24 Junie 2020 tydelike verligting aan motoriste gebring deur slaggate in dié dorp se sakekern met doloriet te vul.

Die AfriForum-tak en die Bethal Business and Property Association het reeds ’n vrag teer bestel om paaie te herstel, aangesien geen dienste in die Govan Mbeki-munisipaliteit gelewer word nie.

“Dit is skokkend dat Bethal se sakekern so lyk. Die munisipaliteit laat inwoners en sake-eienaars in die steek. Dit is tyd dat inwoners die dienste self bestuur sodat wanbestuur uitgeskakel kan word,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder in die Laeveld.

Jy kan AfriForum help om Bethal op te knap: SMS “Bethal” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN