Die Vrede van Vereeniging, wat op 31 Mei 1902 in Melrosehuis, Pretoria, onderteken is om die Anglo-Boereoorlog te beëindig, is op 31 Mei met ’n toer wat by die Vredesmonument in Vereeniging begin en by die Voortrekkermonument in Pretoria geëindig het, herdenk. Verteenwoordigers van verskeie organisasies insluitend AfriForum, die FAK en Solidariteit het die toer meegemaak en kranse ter nagedagtenis van die mense wat in die oorlog gesneuwel het, gelê.