Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak maak strate reg met honderde sakke teer; plant duisende plante

AfriForum se Bethal-tak werk die afgelope maand hard om omstandighede in die dorp te verbeter. Honderde sakke teer is gebruik om herstelwerk aan strate te doen en duisende plante is in ’n plaaslike groentetuin aangeplant.

Die tak het meer as 700 sakke teer gebruik om strate saam met inwoners te herstel. Sommige van die strate wat herstel is, is onder meer Vermooten-, Buffel-, Blesbok- en Gemsbokstraat. Hierdie projek het ook deel gevorm van AfriForum se slaggatuitdaging waar alle AfriForum-takke uitgedaag is om strate te herstel tydens Meimaand.

Tydens die afgelope maand was daar ook uitdagings in die gemeenskap met betrekking tot watertoevoer. Die tak het inwoners gehelp by die waterpunt by die AC Kerk.

Verder het die tak ook die eerste aanplantings in hul groentetuin-projek gedoen en meer as 2 000 plantjies geplant. Hierdie projek gaan nog verder uitbrei soos die seisoen verloop.

Die tak het weer eens meel vir negentig gesinne aan die Sopkombuis voorsien en help hierdeur om die las op dié organisasie te verlig.

“Ons gemeenskap se voortbestaan lê in volhoubare oplossings soos hierdie. Ons fokus om die dorp te verbeter op verskeie terreine, maar ook om dit elke maand te kan voortsit,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by die tak betrokke te raak en deel te word van ’n volhoubare toekoms. SMS jou naam na 45340 (R1) en sluit aan by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN