Header Artwork
Bethal-tak herstel slaggate in die dorp

AfriForum se Bethal-tak het op 26 Augustus 2020 dié dorp se slaggate herstel. Daar is tydens die projek meer as 200 sakkies teer gebruik om slaggate in Du Plooystraat en Eeufeesstraat tot by die N17-hoofweg te herstel.

Die reuseslaggate by die Midnight Engen-vulstasie is ook herstel en sowat 30 sakkies teer is vir dié drie slaggate gebruik.

“As ’n gemeenskap moet ons saamstaan en die probleme in Bethal takel. Deur selfdoeninisiatiewe soos hierdie kan ons die dorp se agteruitgang keer,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Laeveld.

Ondernemings en inwoners van Bethal het hierdie aksie moontlik gemaak deur bydraes te lewer waarmee die teer aangekoop is.

Sluit aan by AfriForum se Bethal-tak. SMS “Bethal” na 45350 (R1)

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN