Header Artwork
Aliwal-Noord-tak skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Aliwal-Noord het skolehulppakkette aan Holy Cross Primary en Flamingo Primêr verskaf as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek, wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Die skolehulppakkette bestaan uit COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500.

“Hierdie projek was geensins moeite nie, die gesondheid en veiligheid van die kinders is vir ons belangrik,” sê John Shaw, AfriForum se waarnemende voorsitter van die Aliwal-Noord-tak.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke en maak ʼn verskil in jou gemeenskap. SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN