Header Artwork
#AfriForumStaanSaam vir Skole: Meer as R300 000 se hulp aan Mpumalanga-skole verskaf

AfriForum se Mpumalanga-takke het skole in dié provinsie op verskeie maniere bygestaan om hulle te help om gereed te wees om volgens die streng regulasies te heropen. Dié inisiatief, wat hulpmiddele ter waarde van meer as R300 000 aan skole versprei het, vorm deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug aangepak is. Die skolehulppakkette, wat aan skole geskenk is, bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van elke pakket beloop R6 500.

AfriForum Onderwys het skolehulppakkette saamgestel en na takke regoor die provinsie versprei sodat dit aan skole geskenk kon word. Hierdie pakkette verlig die druk op skole wat reeds finansieel sukkel weens die inperking.

Die volgende skole het pakkette ontvang:

Belfast: Belfast Akademie
Bethal: Bethal CVO-skool, Laerskool H.M. Swart, Laerskool Marietjie van Niekerk en Jim van Tonderskool
Carolina: Carolina CVO-skool
Ermelo: Ermelo CVO-skool, Laerskool Ermelo, Ermelo Christian School en Laerskool J.J. Van der Merwe
Evander: Laerskool Hoëveld en Laerskool T.P. Stratten
Komatipoort: Komatipoort Akademie
Lydenburg: Laerskool Lydenburg en Hoërskool Lydenburg
Malelane: Hoërskool Suikerland
Middelburg: Laerskool Kanonkop en Laerskool C.R. Swart
Nelspruit: Hoërskool Bergvlam, Laerskool Bergland, Hoërskool Nelspruit, Laeveld Laerskool en Pro Gratia Learning Centre
Standerton: Laerskool Jeugkrag, Standerton Akademie, Laerskool Kalie de Haas en Laerskool Standerton
Witbank: Audeamus Private School en Mpumalanga Special Needs School
Witrivier: Flamboyant School, Hoërskool Rob Ferreira en Laeveld Akademie

“Skole is onder reuse- finansiële druk in hierdie tyd. Juis daarom het AfriForum ingespring en skole met hierdie pakkette bygestaan,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. SMS jou naam na 45350 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN