Header Artwork
#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum se Oos-Rand-takke voorsien hulppakkette aan 25 skole

Die AfriForum-takke in die Oos-Rand het 25 hulppakkette aan skole in die area versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Dié skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

Die pakkette is aan die volgende skole voorsien:

Alberton: Laerskool Orion, Laerskool Randhart en Hoërskool Marais Viljoen
Benoni: Laerskool Rynfield
Boksburg: Laerskool Goudrand, en Hoërskool Dr. E.G. Jansen
Brakpan: Laerskool Brakpan-Oos, Laerskool Dalview, Laerskool Morewag, Laerskool Die Arend en Anzac Primary School
Germiston: Laerskool Oosterkruin, Laerskool Delville en Laerskool Elspark
Kempton Park: Laerskool Birchleigh, Laerskool van Riebeeckpark, Hoërskool Kempton Park en Hoërskool Jeugland
Nigel: Laerskool Tini Vorster
Randburg: Laerskool Fontainebleau
Springs: Laerskool Selectionpark, Laerskool Christiaan Beyers, Laerskool P.A.M. Brink en Selcourt Primary

“AfriForum het baie versoeke van skole ontvang omdat hulle onvoldoende hulp van die Departement van Onderwys ontvang het. Daarom het AfriForum se Oos-Rand-takke aan die skoleprojek deelgeneem om sodoende te verseker dat leerders veilig kan terugkeer skool toe om die 2020 akademiese jaar te hervat,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir Oos-Rand.

AfriForum het reeds meer as 40 000 bottels handreiniger, 8 000 plakkate en 200 termometers aan skole landwyd versprei.

AfriForum se Oos-Rand-takke wil graag nóg skole ondersteun in die uitdagende tye wat voorlê om te verseker dat hulle op ’n veilige wyse funksioneer. Die takke moedig gemeenskappe daarom aan om by die inisiatief betrokke raak: SMS jou naam na 45342 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN