Header Artwork
AfriForum kondig VN-klag aan oor regeringrassisme tydens COVID-19-pandemie

AfriForum het vandag tydens ’n regstreekse aankondiging ’n klag by die Verenigde Nasies (VN) teen die Suid-Afrikaanse regering bekendgestel oor die regering se gebruik van inperkingsmaatreëls tydens die COVID-19-pandemie om die ANC se rasseagenda te bevorder. AfriForum gaan dié klag by dr. Fernand de Varennes, die VN se spesiale rapporteur vir minderheidskwessies, indien en ook versoek dat hy ondersoek instel na die wyse waarop die Suid-Afrikaanse regering die COVID-19-pandemie misbruik om ’n diskriminerende rasse-ideologie op die samelewing af te dwing.

Die klag volg nadat die Suid-Afrikaanse regering verskeie stappe gedoen het om sy reaksie teen die COVID-19-pandemie uit te voer op ’n wyse wat op rassegrondslag teen minderhede diskrimineer. Die klag wys op verskeie uitsprake wat in dié verband deur die Suid-Afrikaanse regering, die regerende party en die regerende party se alliansievennote gemaak is, asook die feit dat die Suid-Afrikaanse regering ras as maatstaf gebruik om verligting te bied aan klein en mediumgrootte sakeondernemings wat swaarkry weens die inperking.

President Cyril Ramaphosa het onder meer gesê dat die regering se reaksie op die pandemie hoofsaaklik die belange van swart mense moet bevorder, dat wit mense se “sense of entitlement” blameer moet word vir ongelykheid in Suid-Afrika en dat ʼn “fundamentally different society” in Suid-Afrika gebou moet word. Om dit te laat gebeur, het Ramaphosa gesê, moet bestaande instellings eers vernietig word.

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, het ’n beroep op internasionale meningsvormers gedoen om hulle teen dié praktyk uit te spreek.

“Die feit dat ’n regering ’n wêreldwye pandemie as rookskerm gebruik om ’n  ideologie van rassisme en ’n agenda van rassediskriminasie te bevorder, is gewoon immoreel en kan op geen manier regverdig word nie.”

AfriForum het ook ’n beroep gedoen op mense in die buiteland om die organisasie se veldtog teen rassisme te ondersteun deur die webblad www.friendsofafriforum.com te besoek.

Lees die verslag hier

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN