AfriForum se vrywilligers is die hart en siel van dié burgerregte-organisasie en gee dikwels hul naweke prys om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. Takke in die Mooirivier-streek het die afgelope naweek gewoeker en slaggate gevul, gras gesny, padtekens geverf en kragbokse beveilig.