Header Artwork
AfriForum plaas munisipaliteit op terme oor water

AfriForum het op 16 April 2021 ’n regskrywe aan die onderskeie munisipale bestuurders by die plaaslike en distriksmunisipaliteit in Delareyville en Mahikeng gerig om die munisipaliteit op terme te plaas weens swak watervoorsiening. Dit volg nadat inwoners van Delareyville reeds in 2021 vir 35 dae sonder water was. Dié gemeenskap was in 2020 vir 119 dae sonder water. Dit het die AfriForum-bestuur in Delareyville genoop om regstappe te doen.

Delareyville se waterprobleme duur al jare lank en die inwoners van die dorp en omliggende nedersettings is al raadop. Klagtes word gereeld by die munisipaliteit ingedien, maar sonder enige terugvoer of antwoord.

In die skrywe word die munisipaliteit gemaan om hul verantwoordelikheid aan die gemeenskap na te kom en verantwoordelikheid te neem ingevolge die Wet op Waterdienste, 108 van 1997 wat bepaal dat almal die reg het tot basiese water en basiese sanitasie. Die wet bepaal ook dat elke waterdienste-instansie redelike stappe moet doen om dié regte te verseker. Volgens wet is die minimum hoeveelheid drinkwater 25 liter per persoon daagliks of ses kiloliter per huishouding per maand. Die wet vereis ook dat verbruikers nie vir meer as sewe dae per jaar sonder water mag wees nie.

“Niemand kan sonder water nie. Buiten dat water ’n grondwetlike reg is, het mense water nodig om voedsel voor te berei, vir persoonlike higiëne en vir hul gesondheid. Sakeondernemings het ook water nodig om van hul dienste te lewer. Boonop is ons midde-in ’n pandemie waar een van die voorsorgmaatreëls is om gereeld hande te was. Hoe doen ’n mens dit sonder water?” sê Rassie Taljaard, voorsitter van AfriForum se Delareyville-tak.

“AfriForum sal voortgaan om druk uit te oefen op die munisipaliteit en ons sal alle stappe oorweeg om sodoende die munisipaliteit te dwing om hul verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap na te kom,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Die munisipaliteit het tot 30 April 2021 om op die regskrywe te antwoord.

Sluit nog vandag by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN