Header Artwork
AfriForum se Sektor 3-tak in Bloemfontein en Cheetahs for Change vul slaggate

AfriForum se Sektor 3-tak in Bloemfontein het op 17 April in samewerking met die Vrystaatse Cheetahs se Cheetahs for Change en die Hoërskool Jim Fouché se eerste rugbyspan slaggate in Gardeniapark opgevul.

Dié samewerking kom ná gesprekke met die afrigter van die Cheetahs, Hawies Fourie, om die plaaslike gemeenskap bymekaar te kry om dié stad weer mooi en skoon te maak. Die Hoërskool Jim Fouché het die tak genader om die slaggate te herstel en Cheetahs for Change is ingespan om saam met die skool se eerste rugbyspan aan die inisiatief deel te neem.

Verskeie ondernemings by Gardenia Square sowel as die NG-gemeente Gardeniapark het skenkings gemaak. VR Sekuriteit en Med24/7 Ambulansdiens, Life Rosepark-hospitaal se mediesereaksievoertuig, was tydens die projek op bystand.

Altesaam 550 kg teer is gebruik om die slaggate te vul en DP Civils het die masjinerie geborg sodat die slaggate gesny en ou teer weggery kon word. Die stopstrate om die skool se strepe is nuut oorgeverf met skenkings wat uit die gemeenskap ontvang is.

“Die projek was ’n sukses en ook ’n bewys dat selfdoen beter is as niks doen nie. Die samewerking tussen die skool, Cheetahs for Change, sowel as ondernemings en die gemeenskap skep hoop en wys dat ons omgee vir ons buurt. AfriForum wil ook graag die skole motiveer om dieselfde projekte te dryf sodat ons inderdaad die verskil kan maak,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfontein.

AfriForum Jeug gaan ook die Vrystaat-stadion ondersteun deur vullisdromme daar op te rig. Hul sal ook die gebied om die stadion netjies hou as deel van die samewerking met Cheetahs for Change.

Help AfriForum om ’n verskil te maak in die gemeenskap: SMS “AfriForum” na 45266.

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN