Header Artwork
AfriForum verwelkom borgtog vir Piet Retief-boere, wil ’n tweede ongeregtigheid verhoed

AfriForum verwelkom die feit dat borgtog Vrydagoggend in die Piet Retief Landdroshof toegestaan is aan die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle twee mans op die plaas Pampoenkraal vermoor het. Borgtog van R10 000 elk is aan die vyf mans toegestaan

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, sê dat dit wat op die plaas gebeur het op sigself ’n tragedie is en die feit dat twee mense dood is ’n onreg is ongeag wat gebeur het.

“AfriForum is egter bekommerd dat ’n tweede onreg besig is om te ontvou vanweë die feit dat aktiviste, politici en sekere kommentators ideologies opportunisties met hierdie saak handel in die sin dat, ten spyte van die feit dat daar nog nie behoorlike inligting oor die gebeure beskikbaar is nie, daar reeds ideologies gelaaide gevolgtrekkings gemaak word en dit as die waarheid gepropageer word en gebruik word om mense op te sweep en rassespanning aan te hits. Dit is belangrik dat ’n deeglike ondersoek gedoen word sodat ons kan vasstel wat gebeur het voordat daar sekere gevolgtrekkings gemaak word.”

AfriForum het personeel in Piet Retief wat die betogings op die dorp dophou en terselfdertyd intydse inligting aan AfriForum se hoofkantoor voorsien. Die burgerregteorganisasie het ook ’n regsverteenwoordiger aangestel om die verrigtinge in die hof fyn dop te hou.

Verder veroordeel AfriForum die uitlatings deur Vusi Shongwe, die LUR vir gemeenskapsveiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, wat vroeër vandeesweek gesinspeel het op die feit dat geweld moontlik in die provinsie kan uitbreek indien die vyf mans borgtog toegestaan word. Na regte moes die LUR eerder ’n boodskap om kalmte in die gemeenskappe uitgestuur het.

Die hofverrigtinge is tot 30 Junie 2021 uitgestel.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN