Header Artwork
AfriForum versprei meer as 15 000 bottels handreiniger

Die burgerregteorganisasie AfriForum, is samewerking met Solidariteit Helpende Hand, het oor die afgelope twee weke meer as 15 000 bottels handreiniger asook maskers geskenk aan tehuise vir bejaardes en gestremde persone, aan persone in die veiligheids-, nood- en gesondheidsdienste en aan kwesbare mense wat nie genoeg beskerming teen die koronavirus het nie.

Ruimhartige bydraes van AfriForum-lede en die publiek het AfriForum in staat gestel om maskers en handreiniger by sowat 30 persele af te lewer.

“AfriForum wil met hierdie veldtog mense help beskerm wat die kwesbaarste is, asook diegene wat die grootste potensiële risiko loop om die virus op te doen. Dit is verder belangrik dat nooddiens- en gesondheidswerkers voldoende beskermende toerusting het, omdat hulle met die publiek werk. Dit is dus vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid,” sê Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum.

 

“Ons moedig mense aan om steeds by te dra tot hierdie veldtog sodat ons soveel as moontlik mense met hierdie skenkings kan help. Deur broodnodige beskerming aan nooddienswerkers en kwesbare groepe te voorsien, wil ons bydra tot die afplatting van die infeksiekoers in die land,” sê dr. Eugene Brink, bestuurder van Gesondheidsake by AfriForum.

Lede van die publiek kan steeds ’n bydrae van R10 tot dié veldtog maak vir die skenking van handreiniger of maskers aan tehuise vir bejaardes en nooddienswerkers: SMS die woord “Korona” na 38310.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN