Header Artwork
AfriForum versoek verduideliking van Google oor teenstrydighede in soekresultate oor anti-minderheid rassisme in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse burgerregteorganisasie AfriForum het ’n brief gerig aan Dr. Alistair Mokoena, Google se direkteur vir Suid-Afrika. AfriForum versoek ’n verduideliking vir wat blyk te wees die onderdrukking deur Google op sy soekenjins van toepaslike artikels wat handel oor anti-wit rassisme en/of diskriminasie in Suid-Afrika.

Dié teenstrydighede het onder AfriForum se aandag gekom ná ’n ondersoekende artikel deur PoliticsWeb oor ’n vergelyking tussen Google soekenjinresulate versus ander soekenjinresultate vir frases soos anti-white racism in South Africa, anti-white racial discrimination in South Africa of discrimination against whites in South Africa.
Verdere ondersoek hieroor sal gedoen word met behulp van spesialiste.

“Diskriminasie en rassisme teenoor wit Suid-Afrikaners en ander minderheidsgroepe is onmiskenbare feit. Dit is kommerwekkend dat toepaslike en goed nagevorste artikels en bronne oor dié kwessie nie in Google-soektogte voorkom nie. Dit het ’n werklike invloed op die koestering van dwalinge en die bevordering van foutiewe inligting,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN