Header Artwork
AfriForum: Skuldigbevinding van oud-president is oorwinning vir geregtigheid

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die Konstitusionele Hof se uitspraak verwelkom wat voormalige president Jacob Zuma skuldig bevind en beskou dit as ’n oorwinning vir geregtigheid.

“Daar is ongelukkig te veel politieke leiers, voormalige politieke leiers en staatsamptenare wat hulself as onaantasbaar en verhewe bo die reg beskou wat juis in die eerste plek aanleiding gegee het tot die plundering van die staatskas en staatskaping. Hoewel ons hierdie uitspraak as ’n stap in die regte rigting beskou, moet daar nog baie meer gedoen word om mense wat optree asof hulle verhewe is bo die reg tot verantwoording te roep,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN