Header Artwork
AfriForum-takke patrolleer by gevaarlike kruisings in Pretoria; maak gebiede skoon

Die AfriForum-takke in Pretoria het die afgelope weke hard gewerk om dele van dié stad te beveilig en om gebiede skoon en netjies te maak.

Op 18 en 19 Mei 2021 het die Centurion-, Moreletapark-, Groter Moot- en Pionier-tak tien gevaarlike kruisings in hul onderskeie gebiede gekies waar hulle sigbaarheid verhoog het om misdaad te bekamp. Die doel van dié projek was om te kyk of die verhoogde sigbaarheid veral rooftogte en kapings verminder.

“AfriForum se buurtwagte sal aanhou om proaktief op te tree om misdaad hok te slaan. Dit is belangrik dat gemeenskapslede betrokke raak by gevestigde veiligheidstrukture in hulle omgewing,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Intussen het AfriForum se Centurion-tak gedurende die laaste week onder meer die gras rondom die weermag se heining in Valhalla is gesny. Die lang gras het dit maklik gemaak vir misdadigers om oor die heining te spring en weg te kruip.

“Dit is vir dié tak uiters belangrik om hierdie plekke waar mense aangeval word oop, skoon en veilig te hou vir ons inwoners wat so deur misdaad geteister word,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

Die tak het twee nuwe werkers aangestel om volhoubare skoonmaakprojekte in die stad aan te pak. Die een werker is in die Valhalla-area geplaas, waar vullis opgetel, sypaadjies skoongemaak en onkruid verwyder word om ’n skoner omgewing vir almal te skep. Die ander werker is by die ou militêre begraafplaas in Thaba Tshwane geplaas om weekliks in hierdie area gras te sny en skoon te maak.

“AfriForum sal aanhou om eienaarskap van ons erfenis te neem en dit te beskerm. Projekte soos dié is baie belangrik om ’n daadwerklike verskil in gemeenskappe te maak. Dit is belangrik dat gemeenskappe self inspring en werk in hulle gemeenskappe begin doen om ’n skoner en veiliger omgewing vir elkeen te skep,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Besoek gerus die AfriForum-takke in Pretoria se Facebook-blaaie en sluit ook by die Telegram-groepe aan. Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.

Raak vandag nog by AfriForum se Pretoria-takke betrokke: SMS “Pretoria” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN