Header Artwork
AfriForum-tak maak ’n verskil in Dullstroom   

Die AfriForum-tak in Dullstroom het op Vrydag 11 Desember die Sanel-epilepsiesentrum en die polisiestasie met verskeie aksies gehelp.

Die Sanel-epilepsiesentrum het ’n skenking van skoonmaak- en saniteermiddels ter waarde van R8 000 ontvang. Dié skenking vorm deel van ’n groter skenking wat AfriForum van ’n anonieme skenker ontvang het. Meer as R32 000 se skenkings is reeds in Mpumalanga versprei.

Lede van AfriForum se buurtwag in Dullstroom het ’n nuwe naambord by die Dullstroom-polisiestasie opgerig, die polisiestasie se blombeddings skoongemaak en die omgewing om die polisiestasie netjies gemaak aangesien toeriste gereeld daar in- en uitbeweeg. Dié buurtwag werk gereeld met die SAPD saam.

“Ons is dankbaar om so groot verskil in ons gemeenskap te kan maak en sal aanhou om die dorp te verbeter en te beskerm,” sê Gerhard Delport, leier van AfriForum se Dullstroom-buurtwag.

Sluit aan by AfriForum se Dullstroom-buurtwag: SMS “Dullstroom” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN