Header Artwork
AfriForum-tak in Delmas vul slaggate

AfriForum se Delmas-tak het gedurende Meimaand slaggate in verskeie strate van dié dorp opgevul. Die projek het egter nie eers in Meimaand afgeskop nie, dié tak is reeds sedert Desember 2020 besig om slaggate in die dorp te vul. Selfs van die dorp se bejaardes van een van die aftree-oorde vul slaggate in hul omgewing.

“Slaggate is ’n groot probleem in Delmas, veral wanneer in ag geneem word dat Eloff en Sundra ook onder dié area val. Ons plaaslike munisipaliteit slaag nie daarin om ons dorpe te onderhou nie. Die tak het daarom hande gevat met verskeie groepe in die dorp en self begin werk om ons omgewing beter en veiliger te maak,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.

Dit is opmerklik dat hierdie projek só aansteeklik in Delmas is dat inwoners van informele gemeenskappe op 22 Mei 2021 spontaan ingespring en begin het om slaggate in die vervalle hoofstraat, Sarel Cilliersstraat, te vul.

“In Delmas bly die vul van slaggate ’n uitdaging, veral weens die talle swaarvoertuie wat onwettig deur ons dorp ry, maar met die hulp van die gemeenskap sal ons voortgaan om op te vul, reg te maak, op te bou en om ons eie omgewing te onderhou. Om vir die plaaslike munisipaliteit te sit en wag om iets te doen, is lankal nie meer ’n opsie nie,” sê Botha.

Sluit vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak aan om ’n verskil in die gemeenskap te maak: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN