Header Artwork
AfriForum steun Pionier Dienstemaatskappy en Koster-inwoners se appèl teen hofuitspraak

AfriForum het vandag sy steun toegesê aan die appèlaansoeke van Pionier en die Koster Besorgde Inwoners (KBI) teen die onlangse hofuitspraak waarin regter Mahlangu beslis het dat die KBI die water- en rioolaanlegte in Koster en Swartruggens aan die munisipaliteit moet teruggee en dat Kgetlengrivier se munisipale bestuurder, Joseph Mogale, nie skuldig is aan minagting van die hof nie.

Volgens Johan Kruger, hoof van Gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, appelleer die KBI en Pionier teen dié hofuitspraak. “Ons verwelkom die aansoeke om verlof tot appèl teen die twyfelagtige uitspraak wat regter Mahlangu gelewer het. Die belang van die saak vir gemeenskappe is te groot om nie te appelleer nie,” sê Kruger.

“Pionier en die KBI bied oortuigende redes aan waarom regter Mahlangu gefouteer het, beide regtens en feitelik. Die bevinding dat Mogale nie skuldig is van minagting van die hof nie gaan mens se verstand te bowe.

“Die beginsel van groter inspraak en betrokkenheid van gemeenskappe in die bestuur van dienste waar munisipaliteite voortploeter te midde van korrupsie, wanbestuur, bankrotskap en gebrek aan vaardighede is ononderhandelbaar. Vir regeringsamptenare om vas te klou aan ’n mislukte stelsel is ’n klap in die gesig vir belastingbetalers en gemeenskappe wat geregtig is op dienslewering,” sluit Kruger af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN