Header Artwork
AfriForum stel Noordwes munisipale verslag en navorsingsentrum bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie die Sentrum vir Plaaslike Regering van stapel gestuur en daarmee saam die Noordwes Munisipale Indeks bekendgestel.

Dr. Eugene Brink, bestuurder van dié navorsingsentrum, sê Suid-Afrika verkeer al ’n wyle in ’n munisipale krisis en daarom is die soeke na antwoorde en die vervulling van ’n waghondfunksie nou belangriker as ooit. “Minder as 10% van Suid-Afrika se munisipaliteite ontvang skoon oudits en meeste van die skoon oudits word in slegs een provinsie, naamlik die Wes-Kaap, aangeteken. Soos hierdie verslag aandui, is landelike provinsies soos Noordwes veral in die moeilikheid.”

Hy sê uit die beskikbare data is dit duidelik dat die ANC niks omgee vir dienslewering en die goeie bestuur van Noordwes se munisipaliteite nie. “Swak oudits en wanbesteding is aan die orde van die dag en verbeter eenvoudig nie. Terwyl behuising se syfers taamlik goed lyk, is dit ’n provinsiale bevoegdheid en nie munisipaliteite s’n nie. Die toestand en gehalte van vullisterreine, vullisverwydering, drinkwater, riolering, asook die werkloosheidsvlakke dui als op ’n langstaande krisis.”

Volgens hom is die idee van die sentrum om spesialissteun vir die werksaamhede van AfriForum Gemeenskapsake (GMS) te bied. “Die sentrum gaan plaaslikeselfbestuuropsies vir gemeenskappe ondersoek en ook navorsing doen om die ware toestand van munisipaliteite toe te lig. Laasgenoemde sal sake soos munisipale korrupsie en dienslewering aanroer. Dit sal dus as sowel ’n intellektuele voertuig vir selfbestuur as ’n munisipale waghond optree.”

Brink sê die plaaslike verkiesing vind vanjaar in ’n tyd van groot ekonomiese agteruitgang plaas. “Dit gaan reusedruk op munisipale begrotings plaas en die staat was reeds voor die COVID-19-pandemie nie in staat om als te doen nie. Dit gaan net versleg en gemeenskappe sal noodwendig self oplossings moet soek want stem gaan nie alleenlik die antwoorde bied nie.”

Brink sal in die volgende paar weke as gasspreker oor verskeie aktuele sake in talle Noordwes-dorpe optree. Spesifieke datums en plekke sal mettertyd bevestig word.

Munisipale-Oudit-Noordwes

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN