Header Artwork
AfriForum se Potchefstroom-tak maak ’n verskil

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het in Maart twee groot projekte suksesvol afgehandel. Die eerste was die skoonmaak van die park in Strydomstraat. Die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit het die gras in die park gesny en AfriForum-taklede het die gras verwyder en die sypaadjie skoongemaak. Rommel wat deur omliggende inwoners daar gestort is, is ook verwyder. Die park het ’n veiligheids- en gesondheidsrisiko geword. AfriForum doen ’n beroep op mense om nie hul vullis in parke te gooi nie, want dit stel ook ander inwoners in gevaar.

Tydens die tweede projek is slaggate op die hoek van Govan Mbeki- en Chris Hanirylaan herstel. ’n Ton teer is gebruik om 61 slaggate in dié besige strate te herstel. Talle inwoners het hulle dank betuig deur drinkgoed asook donasies te skenk.

Die AfriForum-tak vra dat mense uit elke woonbuurt in Potchefstroom sal hande opsteek om leiding te neem met sulke projekte. Daar kan slegs ’n verskil gemaak word as inwoners hande vat en dinge self begin doen.

Kappie van Wyk, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-tak, sê dit is noodsaaklik dat elke inwoner betrokke moet raak om te voorkom dat die dorp se infrastruktuur in duie stort. Selfdoen is beter as niks doen nie!

“Dit is opmerklik dat dit altyd dieselfde mense is wat opdaag om te help en ek wil graag die ander inwoners van Potchefstroom uitdaag om te kom help. Dis ’n onbeskryflike lekker gevoel as ’n mens na jou handewerk kyk en weet dat jy ’n verskil gemaak het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier-streek.

Raak by Potchefstroom se AfriForum-tak betrokke en help om jou omgewing te verbeter. Kontak vir Leanie van Ronge by 072 314 1774 om aan te sluit.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN