Header Artwork
AfriForum se Zeerust-tak maak monument skoon    

Die AfriForum-tak in Zeerust het op 27 Maart die Burger-monument in die dorp se terrein skoongemaak. Tydens hierdie aksie het taklede die gras gesny en rommel opgetel en verwyder. Hierdie terrein word reeds vir etlike jare deur die munisipaliteit verwaarloos en was in ’n bedenklike toestand.   

“Ons erfenis is belangrik en ons moet eienaarskap neem daarvan. Dit is hartseer om te sien hoe hierdie terrein agteruitgegaan het en dat mense as gevolg hiervan nie die monument wou besoek nie,” sê Pierre van der Walt, ondervoorsitter van AfriForum se Zeerust-tak. “Ons het egter weer beleef hoe ’n gemeenskap met dieselfde doel voor oë kan saamstaan om ’n verskil te maak.”   

“Geskiedenis speel ’n belangrike rol in ons lewens. Dit help ons om uit die verlede te leer om beter besluite in die toekoms te neem. Daarom moet hierdie monumente bewaar word vir die toekoms,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico. 

AfriForum wil graag ’n groter verskil in die gemeenskap maak en moedig inwoners aan om betrokke te raak. Sluit vandag nog by AfriForum se Zeerust tak aan deur vir Pierre van der Walt te skakel by 082 569 8564 of SMS “Zeerust” na 45351 (R1). 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN