Header Artwork
AfriForum se Wolmaransstad-tak maak dorp skoon en veilig vir die feestyd

Die AfriForum-tak in Wolmaransstad het verlede week die area langs die spruit skoongemaak en ontbos.  Hierdie area was nie net onnet nie maar dit was ook ’n veiligheidsrisiko aangesien misdadigers hierdie area as wegkruip- en wegsteekplek kon gebruik.

“Dit is jammer dat die munisipaliteit nie hulle werk doen nie, maar dit is lekker om te sien dat die gemeenskap inspring en self hulle dorp beveilig en opknap. Dit is veral goed om dit nou te doen terwyl die feesgety voor die deur lê en misdaad gewoonlik in dié tyd toeneem,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by projekte soos dié betrokke te raak. SMS “Wolmaransstad” na 45351 (R1) om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN