Header Artwork
AfriForum maak die Oos-Kaap se blou-en-groendruppeluitslae bekend

AfriForum het van Augustus tot Oktober 2020 verskeie dorpe in die Oos-Kaap se water getoets om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.

Dié projek was vanjaar belangriker as ooit weens die COVID-19-pandemie en navorsing wat toon dat dié virus in rioolstelsels opgespoor kan word, wat beteken dat ’n mens brandpunte kan identifiseer.

“Ons kon vasstel dat die volgende areas, Aliwal-Noord, Elliot, Jeffreysbaai en Port Elizabeth,  se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie. AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Bloudruppeluitslae

Dié uitslae dui daarop dat al die dorpe van Oos-Kaap se drinkwater wat getoets is, skoon is.

Oos-Kaap
Plek Munisipaliteit 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Aliwal-Noord Walter Sisulu PM Fosfate >25 dpm Skoon Skoon
Barkly-Oos Senqu PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Burgersdorp Walter Sisulu PM Skoon Skoon
Cradock Inxuba Yethemba PM Skoon Skoon Skoon Skoon
Elliot Sakhisizwe PM E. coli Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Jeffreysbaai Kouga PM Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Middelburg Steve Tshwete PM Skoon
Molteno Inkwanca PM E. coli Skoon Skoon Skoon
Oos-Londen Buffalo City-metro Skoon
Port Elizabeth Nelson Mandela-metro Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon Skoon
Queenstown Lukhanji PM Fekale kolivormige bakterieë >3 000
Sterkstroom Enoch Mgijima PM Skoon
Stutterheim Amahlathi PM Skoon
Steynsburg Gariep PM Skoon
Tarkastad Tsolwana PM E. coli Skoon Skoon Skoon

 

Groendruppeluitslae

Volgens AfriForum se groendruppeluitslae voldoen 3 rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, nie aan die gestelde mikrobiologiese standaarde nie.

Oos-Kaap
Plek Munisipaliteit 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019 2020
Barkly-Oos Senqu PM 2 000 Skoon Skoon
Burgersdorp Walter Sisulu PM Skoon
Cradock Inxuba Yethemba PM 2 000 >1 000 >1 500 fekale kolivormige bakterieë
Elliot Sakhisizwe PM 36 000 Verwerp 4 000 Skoon Skoon
Jeffreysbaai Kouga PM 34 000 Skoon Skoon Hoë fosfaat-tellings

>30 000

E. coli >1 000 >1000 >1 000
Langkloof (Joubertina) Kou-Kamma PM Skoon 11 500 >2 400
Molteno Inkwanca PM Skoon >30 000 >1 500 fekale kolivormige bakterieë
Port Elizabeth Nelson Mandela-metro Skoon Skoon Skoon >30 000 >1 000 >1 000
Queenstown Lukhanji PM >3 000 fekale kolivormige bakterieë
Aliwal-Noord Walter Sisulu PM E. coli >50 000 >1 000 >1000
Tarkastad Tsolwana PM Hoë fosfaat-tellings

 

Die burgerregteorganisasie het sy kommer uitgespreek oor rioolsuiweringsaanlegte binne die munisipaliteite waarvan die rioolwater nie aan die gestelde standaarde voldoen nie, naamlik Jeffreysbaai, Port Elizabeth en Aliwal-Noord. “Ons sal die nienakoming verder ondersoek en optree waar nodig,” sê Greyling.

“AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater- en rioolaanlegte. Dié projekte fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater en behandelde rioolwater gelewer word,” sluit Greyling af.

As die bewaarder van water kom die Departement van Water en Sanitasie nie sy verpligtinge na deur wetgewing toe te pas wanneer munisipale owerhede die skuldige partye is nie. AfriForum versoek inwoners van die Oos-Kaap om aan dié organisasie die mandaat te gee om die gehalte van water voortdurend te moniteer. SMS “Skoon water” na 45342 (R1) en steun hierdie aksie.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN