Header Artwork


Die AfriForum-tak in Waverley het in samewerking met die Moot-gemeenskapsinisiatief en ander rolspelers op Vrydag 27 Julie ʼn bewusmakingsaksie in dié Pretoria-woonbuurt gehou.
Hierdie aksie volg ná ʼn toename in misdaad onder die snelwegbrug in Bosloeriestraat. Werkers van die Waverley-omgewing wat onderweg is na hulle onderskeie werke maak daagliks gebruik van dié roete onderdeur die brug en word die afgelope tyd deur rowers geteiken.

“Ons het ʼn bewusmakingspamflet (wat in vier verskillende tale gedruk is sodat almal die inligting kan verstaan) en fluitjies vir die werkers uitgedeel. Die fluitjies kan geblaas word wanneer enige van die werkers bedreig voel,” sê Hendrik van der Westhuizen, voorsitter van AfriForum se Waverley-tak.
“Hierdie is nie die einde van ons betrokkenheid in dié area nie. Ons beplan ook binnekort ʼn skoonmaakaksie en om palissades en CCTV-kameras op te rig,” sluit Van der Westhuizen af.
“Waverley is ’n uitstekende voorbeeld van hoe die hele gemeenskap verantwoordelikheid neem en saamwerk om vooruitgang in hul gemeenskap te bevorder,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Waverley” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN