Header Artwork


AfriForum se Vanderbijlpark-tak het druk op ’n privaat hospitaal geplaas nadat dié tak op 17 Julie 2018 in kennis gestel is dat mediese afval onwettig in ’n woonbuurt gestort word. Die tak het ’n aanmaningsbrief aan die hospitaal gestuur waarin hulle geëis het dat die afval binne 14 dae verwyder moet word.
Volgens Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek, was die hospitaal nie bewus van hierdie stortings nie.

“Die hospitaal het die onwettige mediese afval binne die gestelde tydraamwerk verwyder en AfriForum ingelig dat hulle van diensverskaffers verander het.”

Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of SMS “Vanderbijlpark” na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN