Header Artwork
AfriForum se Vryburg-tak bedank plaaslike onderneming vir vervoer van teer

Nadat AfriForum se Vryburg-tak verlede maand sowat 6 ton teer vir sy volhoubare slaggatherstelprojek aangekoop het, het ’n plaaslike onderneming dit Dinsdag gratis op dié dorp laat aflewer. Dié projek is in 2019 van stapel gestuur en ongeveer R300 000 is reeds daarop spandeer.

Die aankoop van die teer het verskeie reëlings en uitdagings wat daarmee gepaardgaan, waaronder die vervoer vanaf Bloemfontein wat ’n aansienlike uitgawe is. Die tak het egter geen uitgawes gehad met die vervoer van die teer nie omdat Piet en Jacques Scholtz van Creedpro albei kere hierdie vragte gratis vir die tak vervoer het.

Die tak wil Creedpro hartlik bedank vir hulle ondersteuning en bystand tydens hierdie groot projek. Sonder lede en inwoners soos Piet en Jacques Scholtz sou hierdie projekte nooit gerealiseer het nie.

“Die gemeenskap van Vryburg sien dat AfriForum ’n verkil maak en die slaggatherstelprojek maak die dorp nie net beter en veiliger vir AfriForum-lede nie, maar vir enige persoon wat die paaie gebruik. Ons is hier om eienaarskap van ons gemeenskap te vat en ons moedig plaaslike ondernemings uit om betrokke te raak by ons slaggatherstelprojek. Ons wil ook dankie sê vir elke lid se bydrae en ondersteuning met dié volhoubare projek. Julle word opreg waardeer,” sê Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS jou naam na 45351 (R1) en word deel van die oplossing.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN