Header Artwork
AfriForum se Vereeniging-tak skenk 18 ton teer aan gemeenskap

AfriForum se tak in Vereeniging het op 22 Mei as deel van dié burgerregteorganisasie se slaggatprojek altesaam 18 ton teer aan die gemeenskap in Arconpark en Sonlandpark geskenk.

Die publiek kon tussen 08:00 en 10:00 teer afhaal oorkant die Hoërskool Overvaal om slaggate in hul buurt op te vul. Teen 07:30 was daar al ’n ry voertuie wat gewag het om teer op te laai en al die teer was binne ’n uur weggery.

“Dit is weer eens ’n bewys dat die gemeenskap nie bang is om self die moeite te doen hul omgewing te verbeter nie. Talle foto’s het ingestroom wat wys hoe die mense besig was om slaggate op te vul,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Die tak beplan om nog teer beskikbaar te stel vir die gemeenskap op 29 Mei 2021, weer oorkant die Hoërskool Overvaal. Die teer word uitgedeel aan die eerste vrywilligers wat opdaag.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Sluit aan by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN