Header Artwork
AfriForum rig borde met noodnommers in Matzikama op

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Vredendal-tak het onlangs 18 AfriForum-borde op verskeie plekke in die Matzikama-distrik opgerig. Dié borde is opgerig in die verskillende gebiede waar AfriForum se 11 veiligheidstrukture in die Matzikama-distrik werksaam is.

Die borde bevat ’n noodnommer vir die plaaslike buurt- of plaaswag wat verbygangers kan skakel om enige veiligheidsverwante kwessies aan te meld. Die borde dien ook as ’n manier om bewusmaking te skep van AfriForum se teenwoordigheid in dié gebiede.

“Die borde dien as ’n baken van hoop en is ’n bewys van die krag van gemeenskappe wat eienaarskap van hul eie veiligheid neem. Ons is dankbaar vir elkeen wat gehelp het met die oprig van hierdie borde en ons sien uit om soortgelyke inisiatiewe in die toekoms aan te pak,” sê Wilco Engelbrecht, voorsitter van die veiligheidsportefeulje van AfriForum se Vredendal-tak.

“Ons moedig mense aan om by AfriForum se veiligheidstrukture in die Matzikama-distrik betrokke te raak. Weerbare gemeenskappe is die grondslag van gemeenskappe wat goed funksioneer,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak en -buurtwag betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Vredendal” na 45353 (R1).

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN