Header Artwork
AfriForum se Ventersdorp-tak sit skoonmaakprojek voort

Die AfriForum-tak in Ventersdorp het sy volhoubare skoonmaakprojek in April voortgesit. Die tak het die hoek van Mark- en Aenmaystraat skoongemaak en altesaam 2 ton grond en sand van die padoppervlak verwyder en weggery.

“Elke kriesel grond of vullis wat uit die dorp verwyder word maak ’n groot verskil. Elke inwoner se hulp en bydrae is egter nodig om ’n blywende verskil te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die tak wil graag hierdie tipe projekte op ’n volhoubare wyse in Ventersdorp aanpak sodat die dorp beter kan lyk en veiliger kan wees. Indien jy graag op enige wyse by só ’n projek betrokke wil raak, skakel Sias Woite by 063 627 0785.

Raak vandag nog by AfriForum se Ventersdorp-tak betrokke: SMS “Ventersdorp” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN