Header Artwork
AfriForum eis antwoorde oor wanbestuur by Steve Biko Akademiese Hospitaal

AfriForum het vandag antwoorde van die Gautengse Departement van Gesondheid geëis oor die lewensbedreigende waterkrisis wat by die Steve Biko Akademiese Hospitaal heers.

Dié hospitaal het tussen 2 en 5 Mei 2021 ’n kritiese watertekort beleef weens swak bestuur en swak instandhouding van waterpype. Daar was nie voldoende drinkwater nie en pasiënte moes brandslange gebruik om toiletbakke te spoel.

“Dit is skokkend dat dit die Gautengse Departement van Gesondheid  drie dae geneem het om watertoevoer na die Steve Biko Akademiese Hospitaal te herstel. Dié tipe wanbestuur is ongelukkig deel van die ANC-regering se DNS en is ’n duidelike aanduiding van wat van die gesondheidbedryf gaan word as die regering sou voortgaan met sy planne om nasionale gesondheidsversekering deur te voer. Die regering het met sy traak-my-nieagtige houding dit al telkemale duidelik gemaak dat hy eenvoudig nie ’n duit oor Jan Alleman se welstand omgee nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte.

AfriForum het onlangs verneem dat die datums vir die mondelinge voorleggings oor nasionale gesondheidsversekering nog nie bevestig is nie. Die burgerregteorganisasie sal die proses noukeurig moniteer.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN