Header Artwork
 AfriForum se Utrecht-tak rig twee noodwaterpunte op

Die AfriForum-tak in Utrecht het twee noodwaterpunte opgerig om dié gemeenskap tydens wateronderbrekings te help. Die waterpunte is opgerig omdat die Amajuba Distriksmunisipaliteit gereeld sy inwoners in die steek laat met watervoorsiening as gevolg van ’n verswakte waternetwerk, infrastruktuur wat breek en arbeidsdispute.

“Hierdie tenks is op twee strategiese punte in die dorp opgerig en sal tydens krisistye water aan alle inwoners kan verskaf. AfriForum is dankbaar dat ons kan help om die gemeenskap se nood te verlig,” sê André Homann, voorsitter van AfriForum se Utrecht-tak.

“Ons sien daagliks hoe ons infrastruktuur in KwaZulu-Natal agteruitgaan en AfriForum is teleurgesteld dat die munisipaliteit nie die gemeenskap se hulp aanvaar nie. Ons kan die probleme saam oplos. So nie kyk ons AfriForum-takke om self in te spring om ander moontlikhede beskikbaar te stel,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum se Utrecht-tak bedank graag die plaaslike hoërskool en die Volgelinge van Jesus wat deel is van die projek.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45267 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN