Header Artwork
AfriForum se Upington-tak werk saam met rolspelers om water te verskaf ná kabeldiefstal

Die AfriForum-tak in Upington het op 12 en 14 Mei 2021 in samewerking met die DA drinkwater aan die gemeenskappe van Leseding en Swartkops verskaf nadat kabeldiefstal watertoevoer belemmer het. Die nood het ontstaan nadat een van die belangrikste kabels wat krag aan dié gemeenskappe verskaf sowat nege dae gelede gesteel is.

Die gemeenskappe val onder die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit, wat gesloer het om die kragkabel te herstel. Weens die kragonderbreking kon water nie gepomp word om Leseding en Swartkops met drinkwater te voorsien nie. AfriForum en die DA het ingegryp en drinkwater aan dié gemeenskappe voorsien waar sowat 8 000 mense woon. Altesaam 2 000 liter drinkwater is uitgedeel.

Volgens Erica Strauss, voorsitter van AfriForum se Upington-tak, is dit ’n skreiende skande dat die plaaslike ANC-raadslid vir die gemeenskap gesê het dat hulle eerder by die DA en AfriForum om hulp moet aanklop. Dié tak sal gereed staan om die plaaslike gemeenskap te dien.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 32532 (R1).

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN