Header Artwork
AfriForum se Teks-tak in Secunda vul slaggate

AfriForum se Teks-tak in Secunda het op Saterdag 15 Mei die tweede fase van hul slaggatprojek vir 2021 afgeskop.

Die Prince of Trides Properties-groep, Kingfisher Civils & Projects, Thavan Pillay en Trichardt Crushers, asook AfriForum-taklede het saam met gemeenskapslede ingespring en slaggate in PDP Kruger-, Joe Slovo- en Van der Stelstraat in Secunda herstel. Meer as 4,1 ton teer is reeds gebruik om slaggate te vul.

“Ons wil die gemeenskap aanmoedig om betrokke te raak en ons te help om ander slaggate in die dorp te herstel. Ons as bestuur sal die onderskeie datums aan die gemeenskap kommunikeer,” sê Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum se Teks-tak.

“Ons wil sakeondernemings en vrywilligers wat by hierdie projek betrokke was vir hulle bydraes bedank om alles moontlik te maak. Sonder julle sou dit nie moontlik wees nie,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Die Teks-takbestuur wil die gemeenskap graag bedank vir hul geduld om ander paaie te gebruik terwyl die slaggate gevul word.

Raak vandag nog by AfriForum se Teks-tak in Secunda betrokke: SMS “Secunda Teks” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN