Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan en Matteus besoek Laerskool Pietersburg-Oos en Laerskool Pietersburg-Suid   

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan en Matteus het op 19 April 2021 by die Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) en Laerskool Pietersburg-Suid (Suidskool) besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole. Dit is vir AfriForum belangrik om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om afknouery hok te slaan.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig. Leerders stap ook uit met die nodige kennis om die verskil tussen boeliegedrag en konflik te verstaan, asook die verskillende vorme wat boeliegedrag kan aanneem te leer ken en wat hulle kan doen om boeliebestand te wees,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Boeliegedrag is nie aanvaarbaar nie en om iemand anders sleg te laat voel sodat jy beter kan voel, is beslis nie die antwoord nie. Dit is baie belangrik om bewusmaking van boeliegedrag by ons skole te skep, want as ons kinders toegerus is met die regte gereedskap en vaardighede om boeliegedrag hok te slaan, sal ons stadig maar seker so ook ’n verskil kan maak in ons samelewing – nie net nou nie, maar ook in die toekoms,” sê Lylani Seitz van AfriForum se Pietersburgtak.

AfriForum doen ’n beroep op ouers en onderwysers om proaktief op te tree. Dit is jou werk as ouer om ’n oog oor jou kind te hou en na hulle te luister. Wees bewus! Dit is belangrik om na ons kinders se geestelike welstand om te sien. Hulle is immers die leiers van die toekoms.

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelie-en selfdoodbewusmakingsveldtog besoek www.teenboelie.co.za en laai ons teenboeliegids gratis af vir meer inligting.

Stuur ’n e-pos aan leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN