Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Lettie Fouché Skool in Bloemfontein    

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 3 Augustus 2021 by die Lettie Fouché Skool in Bloemfontein besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in. 

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap. 

“Leerders van Lettie Fouché Skool se arbeidsgerigte fase (ouderdom 15–18 jaar) het AfriForum se teenboeliepraatjie vreeslik geniet. Ons wil AfriForum bedank vir die boodskap wat hulle aan die leerders oorgedra het. Dit is belangrik dat elke leerder veilig voel by die skool en weet hoe kosbaar elkeen van hulle by die skool is. Die praatjie was juis toepaslik omdat dit by ons gesondheid-en-veiligheidstema ingepas het wat juis oor boelie handel,” sê Ilze van Zyl, ’n onderwyseres by die Lettie Fouché Skool. 

Vir meer inligting rondom AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.  

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN