Header Artwork
AfriForum-buurtwagte in die sentraalstreek neem deel aan nasionale massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die sentraalstreek, wat die Vrystaat, Noordwes en KwaZulu-Natal insluit, het op 30 Julie 2021 aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Tydens dié patrollie het 42 buurtwagte en 1 541 patrolleerders in 828 voertuie deelgeneem. Daar is altesaam meer as 29 847 km afgelê en 26 voorvalle is suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer.

Ander veiligheidsinstansies, sekuriteitsmaatskappye en nooddienste het saam met AfriForum se buurtwagte aan die patrollie deelgeneem.

“AfriForum hou hierdie nasionale massapatrollies om sigbaarheid en samewerking te verbeter, en die veiligheid van ons gemeenskappe te verseker,” sê Joseph Renaud, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die sentraalstreek.

“AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om betrokke te raak en self hul veiligheid te begin prioritiseer. Ons kan nie op die staat alleenlik staat maak om na ons veiligheid om te sien nie. Raak by enige plaaslike veiligheidsinstansie in jou omgewing betrokke of sluit vandag nog by AfriForum aan en word deel van die oplossing,” sluit Renaud af.

Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap en sluit by jou plaaslike buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN