Header Artwork
AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Hoërskool Eldoraigne   

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 17 Mei 2021 by die Hoërskool Eldoraigne in Centurion besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met leerders in.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind, met ander woorde om boeliebestand te wees. Kuberafknouery is veral aangespreek, juis omdat dit deesdae ’n groot probleem onder tieners is,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Hoërskool Eldoraigne was bevoorreg om op Maandag 17 Mei deur AfriForum besoek te word. Die graad 8- en 9-leerders het baie belangstellend geluister na hierdie praatjie oor boelies. Na ’n fassinerende videogreep wat talle vorme van afknouery uitbeeld, het Leandie op ’n lekker informele trant met die leerders gesels oor die gevolge van afknouery, dat jy jouself hoog moet ag en nie jou identiteit aan ander en hul optredes moet meet nie. Ons glo dat leerders stof tot nadenke het, en optrede moontlik sal verander. Hoërskool Eldoraigne is dankbaar vir die moeite wat gedoen is, maar ook vir die vriendelikheid en deernis wat aan ons betoon is,” meen Rika Davel, akademiese hoof van Hoërskool Eldroraigne.

Stuur ’n e-pos na leandie.brasler@antiek.afriforum.co.za as jou kind se skool by hierdie veldtog en leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN