Header Artwork
AfriForum en doktersgroep plaas druk op instellings om ivermektien-inligting bekend te maak   

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die I can make a difference-doktersgroep het vandag ’n versoek aan verskeie instellings gerig om die hersieningsdokumente wat verband hou met die gebruik van ivermektien vir die behandeling en voorkoming van COVID-19 aan dié burgerlike instellings te verskaf. Dít volg nadat die Ministerie van Gesondheid die aanvang van die derde golf van COVID-19-infeksies in die land bevestig het.

Die burgerlike instellings het die hersieningsdokumente aangevra nadat prof. Helen Rees, raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktereguleringsowerheid (SAHPRA), tydens ’n onderhoud met Daily Maverick aangedui het dat SAHPRA, die Nasionale Noodsaaklike Medisynelyskomitee, die Ministeriële Advieskomitee oor COVID-19 en die Aansteeklikesiektesvereniging van Suid-Afrika almal die beskikbare data oor ivermektien vir die behandeling en voorkoming van COVID-19 onafhanklik hersien het.

“Ons kon nie die hersieningsdokumente van SAHPRA, die Ministeriële Advieskomitee of die Aansteeklikesiektesvereniging opspoor nie. Die hersieningsdokument van die Nasionale Noodsaaklike Medisynelyskomitee oor ivermektien wat aanlyn beskikbaar is, se publikasiedatum is 25 Januarie 2021. Dit is nou baie duidelik dat doeltreffende vroeë behandeling van COVID-19 noodsaaklik is in ons stryd teen die pandemie. Ons is besorg dat die huidige aanbeveling oor ivermektien, ’n medisyne wat duidelike voordeel in die behandeling van COVID-19 toon, gebaseer is op verouderde inligting,” sê Barend Uys, hoof van Navorsing by AfriForum.

AfriForum en I can make a difference het op 12 Mei 2021 ’n dringende beroep op die owerhede gedoen om ivermektien aan te beveel vir die behandeling van COVID-19 in die lig van die aanvang van die volgende golf COVID-19-infeksies in Suid-Afrika.

“SAHPRA sê gereeld dat die gebruik van ivermektien vir die behandeling van COVID-19 deurlopend hersien word soos nuwe data beskikbaar word. Dit is kommerwekkend dat hersieningsdokumente nie opgespoor kan word nie en dat dokumente wat wel opgespoor kan word vier maande oud is. Dit werp twyfel op SAHPRA se toewyding om herdoelde medisyne vir die doeltreffende vroeë behandeling van COVID-19 beskikbaar te stel,” sê dr. Naseeba Kathrada, stigter van die I can make a difference-doktersgroep.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN