Header Artwork
AfriForum se Stellenbosch-tak skep hoop

AfriForum se tak in Stellenbosch het vanaf 30 November tot 4 Desember indringerplante verwyder in die vleiland in Onder-Papegaaiberg in samewerking met Wildtrust. Die projek is aangepak as deel van die burgerregteorganisasie se #OnsDorp-veldtog.

Dié projek is ook die eerste stap in die proses vir Huis Horison se planne om veilige en skoongemaakte wandelpaaie vir inwoners te skep.

Volgens Ria Crafford, Omgewingsakebeampte van AfriForum se Stellenbosch-tak, lê Huis Horison en sy aktiwiteite Stellenbossers na aan die hart en daarom dra dié tak graag by tot die tehuis se planne om vir sy inwoners en die publiek ’n wandelpad deur die natuurskoon by die dam en die vleiland te skep.

“Ons bedank elkeen wat betrokke was en ’n bydrae gemaak het tot die suksesvolle afloop van die projek,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in jóú gemeenskap te maak.: SMS “Stellenbosch” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN